DIE GEHEIM

Dit is ons voorreg om u bekend te stel aan die splinternuwe plaaslike radiodrama DIE GEHEIM TUSSEN ONS, deur opkomende akteurs.Hierdie drama is geskryf om sosio-ekonomiese probleme uit te beeld en hoop vir die toekoms te skep.


Die drama bied ñ geleentheid om die talent van die Drakenstein gebied ten toon te stel. Die skrywer en akteurs is almal uit die Paarl ,die bakermat van geskrewe Afrikaans afkomstig. Dit bied egter ñ ander blik op die afrikaanssprekende samelewing as die hoofstroom standaard
literêre kultuur.

Die verhoogproduksie was geskryf deur die 25jarige Carin Saxon en dit word opgevoer deur Paarl en Klapmuts se opkomende akteurs Kelly April, Lathan Van Wyk, Carin Saxon, IrmahTiemie, Keisha Januarie en Joshua Gombard.


Die drama is geskryf om ñ geleentheid aan te bied aan opkomende kunstenaars om hul talente uit te leef. Agtergrond van die verhaal
Die verhaal is gebasseer op ‘n jong paartjie wat getroud is,maar ‘n tragedie het hom afgespeel en die man word verkrag gedurende sy getroude lewe deur iemand wat hy gesien het as sy beste vriend en het homself probeer afsny van sy vrou en dis waar hy mishandeling en verwerping van
sy vrou in die oë moes staar.Sy vrou het hul huwelik by haar giftige vriendinne bespreek en op die ou end van die dag het dit haar duur te staan gekom.


Die hoofdoel van die drama is om mans te bemagtig en om steriotipering te breek wat sê dat as mans van hul traumas praat dat hulle gesien sal word as “moffies” of lafaarde. Dat mans mense is met gevoelens en dat hulle nie heeltyd hoef sterk voor te kom nie.

Leave a Comment