{"id":3756,"date":"2021-08-02T08:08:59","date_gmt":"2021-08-02T08:08:59","guid":{"rendered":"https:\/\/radiokc.co.za\/?p=3756"},"modified":"2021-08-31T15:16:50","modified_gmt":"2021-08-31T13:16:50","slug":"dis-n-jab-vir-n-beter-lewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/radiokc.co.za\/2021\/08\/02\/dis-n-jab-vir-n-beter-lewe\/","title":{"rendered":"Dis ‘n jab vir ‘n beter lewe"},"content":{"rendered":"\r\n

Deur: \u00a0 Basil Afrika<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\"\"\r\n
Photo credit:\u00a0Joe Tau meen die jab beteken vir hom lewe.
FOTO:\u00a0Peter Abrahams<\/figcaption>\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u2019n Werker van Bergkelder Distell hier was gister een van die eerstes wat sy Covid-19-inspuiting gekry het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Bergkelder Distell het gister die inentingprogram saam met die Stad Kaapstad geloods om sy werkers teen Covid-19 in te ent.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Sipho Mangele (54), een van die eerste werkers wat inge\u00ebnt is, s\u00ea: \u201cEk was eers baie bang en onseker of ek die inspuiting moes neem.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cDaar is so baie stories wat die ronde doen, maar nou is ek gelukkig oor ek dit gedoen het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cEk wil veral bejaardes aanmoedig om vir hul inentings te gaan. Dit kan hul lewe en di\u00e9 van hul familie red. Ek het nog nie Covid-19 gehad nie en ly aan ho\u00eb bloed.\u201d<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Mangele is die afgelope 28 jaar \u2019n algemene bestuurder en werk by Bergkelder Distell.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u2019n Ander werker, Joe Tau, s\u00ea: \u201cOns almal verdien \u2019n geleentheid om te leef. Dis my kans om van die geleentheid gebruik te maak, veral in die lig daarvan dat die pandemie al soveel lewens gevat het. Dit is ons kans om weer terug te keer na \u2019n bietjie normaliteit.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cEk wil ander werknemers aanmoedig om ook te registreer vir die inenting teen Covid-19.\u201d<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Altesaam 1 500 werkers het al geregistreer en n\u00f3g 1 500 moet nog registreer.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Volgens Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, is dit baie belangrik om te registreer vir die Covid-19-inenting. Die werkers sal vanaf vandag inge\u00ebnt word.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Winde s\u00ea: \u201cDit het belangrik geraak om vennootskappe met die private sektor en besighede aan te gaan.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Dis nie net \u2019n belegging in jou werkers nie, maar ook hul families. Dis \u2019n oorgang van gesondheid na ekonomiese groei. Ons kan nie nog \u2019n lockdown bekostig nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cDaar gaan beslis \u2019n vierde golf Covid-19 wees, maar ons moet voorbereidings tref en voorbereid wees.\u201d<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Volgens Winde het altesaam 1,2 miljoen mense in die Wes-Kaap tot dusver al vir die Covid-19-inenting geregistreer.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Hy beweer om immuniteit te kry, moet sowat 75% van die Wes-Kaap se mense inge\u00ebnt word. Hy beoog om dit teen November te bereik, voordat die toerismeseisoen afskop.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Volgens Winde is die enigste probleem tans die beskikbaarheid van die vaccines om immuniteit te bereik.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Die minister van ekonomie in die Wes-Kaap, David Maynier, s\u00ea: \u201cEk kan julle verseker ons werk hard om \u2019n balans tussen werkers en werksgeleenthede te skep.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cOns is baie bly alkoholverkope is terug en mense kan weer begin werk.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cDis belangrik dat die ekonomie na normaal terugkeer en d\u00edt hang af van die mense wat registreer om inge\u00ebnt te word.\u201d \u00a0 Link: Dis ‘n jab vir ‘n beter lewe | Die Son<\/a>\u00a0<\/p>\r\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"

Deur: \u00a0 Basil Afrika \u2019n Werker van Bergkelder Distell hier was gister een van die eerstes wat sy Covid-19-inspuiting gekry het. Bergkelder Distell het gister die inentingprogram saam met die Stad Kaapstad geloods om sy werkers teen Covid-19 in te ent. Sipho Mangele (54), een van die eerste werkers wat inge\u00ebnt is, s\u00ea: \u201cEk was […]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":3757,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"inline_featured_image":false,"footnotes":""},"categories":[84],"tags":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3756"}],"collection":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3756"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3756\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4432,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3756\/revisions\/4432"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3757"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3756"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3756"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3756"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}