{"id":4365,"date":"2021-08-02T12:45:25","date_gmt":"2021-08-02T12:45:25","guid":{"rendered":"https:\/\/radiokc.co.za\/?p=3760"},"modified":"2021-08-31T15:22:26","modified_gmt":"2021-08-31T13:22:26","slug":"drie-gesinne-ly-skade-in-brand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/radiokc.co.za\/2021\/08\/02\/drie-gesinne-ly-skade-in-brand\/","title":{"rendered":"Drie gesinne ly skade in brand"},"content":{"rendered":"\r\n

Deur:\u00a0 Astrid February<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\"\"<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n

Dit was geen fe\u00ebverhaal toe inwoners van die Fairyland-woonbuurt voor die vlamme moes uitvlug nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Die krete van \u201cHelp ons! Help ons!\u201d het gister in die oggendure deur die buurt weergalm soos wat \u2019n brand van die een hok na die ander beweeg het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Drie gesinne het alles in die inferno verloor en is tans kliphard besig om hul lewe te herbou.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Die 23-jarige Pakama Kewuti, wat in die voorste hokkie met haar gesin gewoon het, vertel sy het wakker geword van \u2019n gillery buite.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cEk was diep aan die slaap toe ek hoor hoe huil en skreeu \u2019n vrou dat dit brand,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Kewuti s\u00ea sy en haar gesin het nie eens tyd gehad om hul klere te red nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cOns het net opgespring, ons belangrike dokumente, soos ons ID\u2019s, gegryp en ons moes uithardloop.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cDaar was geen tyd om enige iets anders behalwe ons dokumente en ons lewens te red nie,\u201d s\u00ea sy.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Kewuti s\u00ea die brand het drie hokkies vernietig en drie gesinne \u2013 by nommer 35, 36 en 37 in Blue Moon-straat \u2013 is daardeur geraak.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cOns moet maar nou van voor af begin. Dit is nie \u2019n lekker gevoel nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cOns is onkant gevang, maar niemand is beseer nie, net geskok,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Kewuti s\u00ea behalwe dat sy en haar gesin hul klere en ander besittings verloor het, het daar ook ander mense se klere uitgebrand.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cEk doen naaldwerk, so ek het mense se klere hier gehad waaraan ek gewerk het, maar dit is ook uitgebrand. So, nou is ek bekommerd, want ek weet nie wat om te doen nie.\u201d<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Volgens die Drakenstein Farm Watch (DFW) het hulle onmiddellik gereageer nadat die brand by hulle aangemeld is.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Die DFW skryf op sy Facebook-blad dat die brandweermanne van die Paarl die brand vinnig onder beheer gebring het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Die DFW was op bystand op die toneel net vir ingeval.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cOns bid vir diegene wat \u00e1l hul besittings verloor het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cOns vra die publiek om \u2019n brand aan te meld sodra hulle dit ruik of een sien.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201c\u2019n Huis- of kaggelvuur word elke 30 sekondes dubbel so groot, dus tel elke sekonde,\u201d s\u00ea die DFW.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Die DFW-beheerkamer- operateurs sal die regte vrae stel om die regte plek te kry en uit te vind wat daar gebeur. Dit sal dadelik oorgedra word aan almal wat benodig word op die toneel.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Volgens die DFW is die oorsaak van die Fairyland-brand nog nie bekend nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Drie gesinne ly skade in brand | Die Son<\/a><\/p>\r\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"

Deur:\u00a0 Astrid February Dit was geen fe\u00ebverhaal toe inwoners van die Fairyland-woonbuurt voor die vlamme moes uitvlug nie. Die krete van \u201cHelp ons! Help ons!\u201d het gister in die oggendure deur die buurt weergalm soos wat \u2019n brand van die een hok na die ander beweeg het. Drie gesinne het alles in die inferno verloor […]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":4366,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"inline_featured_image":false,"footnotes":""},"categories":[84],"tags":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4365"}],"collection":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4365"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4365\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4435,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4365\/revisions\/4435"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4366"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4365"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4365"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4365"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}