{"id":4367,"date":"2021-08-02T12:55:30","date_gmt":"2021-08-02T12:55:30","guid":{"rendered":"https:\/\/radiokc.co.za\/?p=3763"},"modified":"2021-08-02T12:55:30","modified_gmt":"2021-08-02T12:55:30","slug":"winston-gee-boodskap-voor-sterfte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/radiokc.co.za\/2021\/08\/02\/winston-gee-boodskap-voor-sterfte\/","title":{"rendered":"Winston gee boodskap voor sterfte"},"content":{"rendered":"\n

Deur:<\/strong> Tracy-Lynn Ruiters<\/span><\/p>\n\n\n\n

\"\"
Photo credit:<\/strong> Joe Tau meen die jab beteken vir hom lewe.
FOTO:<\/strong> Peter Abrahams<\/span><\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n

DIE Covid-19-pasi\u00ebnt wat die langste in Groote Schuur se waakeenheid deurgebring het, het die afgelope naweek afgesterf.<\/span><\/p>\n\n\n\n

Son<\/em> het omtrent twee weke gelede berig oor Winston Cogill (54) wat die langste tydperk in die hospitaal se ICU deurgebring het.<\/span><\/p>\n\n\n\n

Winston, van Dieprivier, was \u2019n data-ontleder vir die Wes-Kaapse regering. Hy het 122 dae (4 maande) in die waakeenheid deurgebring.<\/span><\/p>\n\n\n\n

Hy het nog aan Son vertel hoe die ondersteuning van die personeel by die hospitaal, asook die liefde van sy familie, hom aan die lewe gehou het.<\/span><\/p>\n\n\n\n

Hy is toe huis toe gestuur waar hy steeds van \u2019n suurstoftenk afhanklik was.<\/span><\/p>\n\n\n\n

Sy weduwee, Claire Cogill (53), is duidelik hartseer, maar sy het vrede gemaak met die verloop van die lewe.

Sy was 11\u00bd jaar met haar man getroud en vertel dat haar Winston hom reeds voorberei het vir sy finale dae op aarde.

\u201cKyk, dis vreemd en voel nog nie for real nie, maar Winston het vrede gemaak dat hy reg is om te gaan.

\u201cIn die byna vyf maande dat hy by die huis was, het ons soveel tyd saam deurgebring, die meeste van ons tyd gemaak en nuwe memories gemaak.

\u201cHy het ook aan ons vertel dat hy gereed is om te gaan, om vry te wees en sy Maker te ontmoet.<\/span>

\u201cEk dink dis hoekom ek so at peace is.\u201d<\/p>\n\n\n\n

Claire voeg by dat haar man in sy finale dae ook \u2019n boodskap aan sy familie gelos het.

\u201cHy\u2019t ons gevra om ons lewe met God reg te maak, want Jesus is op pad.

\u201cSo, daar is vrede in my hart om te weet dat hy met die Man daar bo reggemaak het.\u201d

Claire vertel Winston het ook gereeld oor die ondersteuning van lesers gepraat nadat sy storie in die media verskyn het.

\u201cDit wys net hoe \u2019n groot hart hy gehad het.

\u201cMense het hom deur \u2019n berig leer ken en is deur sy storie ge\u00efnspireer.

\u201cNou kan julle imagine hoe hy ons as familie gemotiveer het om te veg.\u201d

Sy s\u00ea haar man het Sondag sy laaste asem in die hospitaal uitgeblaas.<\/span><\/p>\n\n\n\n

\u201cHy het genoeg suurstof gekry, maar die koolstofdioksied het nie uitgestoot nie.

\u201cHy het shingles gehad, wat ook \u2019n viral infeksie is.

\u201cHy het die stryd voorheen gewen.

\u201cHy het deurgedruk, maar ons weet dat dit sy tyd was,\u201d s\u00ea sy.

Prof. Richard van Zyl-Smit, een van Winston se dokters, vertel aan Son dat die hele ICU- en Post Covid-span verpletter is oor die nuus van sy dood

\u201cSy lewe en nou sy dood het ons almal baie geleer terwyl ons na hom omgesien het.

\u201cSy deursettingsvermo\u00eb en sy moedige houding het ons almal ook ge\u00efnspireer.<\/span>

\u201cOns betuig al ons liefde en medelye met sy vrou en familie.\u201d<\/span><\/p>\n\n\n\n

Winston gee boodskap voor sterfte | Die Son<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"

Deur: Tracy-Lynn Ruiters DIE Covid-19-pasi\u00ebnt wat die langste in Groote Schuur se waakeenheid deurgebring het, het die afgelope naweek afgesterf. Son het omtrent twee weke gelede berig oor Winston Cogill (54) wat die langste tydperk in die hospitaal se ICU deurgebring het. Winston, van Dieprivier, was \u2019n data-ontleder vir die Wes-Kaapse regering. Hy het 122 dae […]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"inline_featured_image":false,"footnotes":""},"categories":[84],"tags":[],"class_list":["post-4367","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4367"}],"collection":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4367"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4367\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4367"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4367"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4367"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}