{"id":4373,"date":"2021-08-11T12:56:26","date_gmt":"2021-08-11T12:56:26","guid":{"rendered":"https:\/\/radiokc.co.za\/?p=3776"},"modified":"2021-08-11T12:56:26","modified_gmt":"2021-08-11T12:56:26","slug":"bedrog-benadeel-leerders-sbg-lede-loop-hof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/radiokc.co.za\/2021\/08\/11\/bedrog-benadeel-leerders-sbg-lede-loop-hof\/","title":{"rendered":"Bedrog benadeel leerders, SBG-lede loop hof"},"content":{"rendered":"\n
Deur:<\/strong> Leon Bonthuys<\/span><\/p>\n\n\n\n \u2019N GROEP mense van die skoolbeheerraad (SGB) van die Western Cape Sport School in Kuilsrivier het Vrydag weens tenderbedrog in die Bellville-handelsmisdaadhof verskyn.<\/span><\/p>\n\n\n\n James Ketelo, Jerry Kapel, Eric Croy, Saville Fledermaus, Leslie Braaf, Mohamad Shaheed Khan, Nadia Mayman, Twoboy Moyo, Daring Security CC en Xavier Scholtz word vir bedrog en geldwassery aangekla.<\/span><\/p>\n\n\n\n Zinzi Hani, \u2019n woordvoerder van die Valke, s\u00ea sowat R319 miljoen se tenderbedrog word ondersoek.<\/span><\/p>\n\n\n\n Volgens Eric Ntabazalila, \u2019n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het die SGB in 2016 vir \u2019n nuwe sekuriteitsmaatskappy geadverteer om sekuriteit aan die kampus te verskaf.<\/span><\/p>\n\n\n\n \u201cDie SGB het na \u2019n goedkoper verskaffer gesoek. N\u00e1 die sluitingsdatum het die skoolhoof en finansi\u00eble beampte met Daring Security CC oor die tender onderhandel.<\/span><\/p>\n\n\n\n \u201cMaar Daring Security CC word deur die voorsitter van die SGB, mnr. Ketelo, besit. Hy was in die onderhandelinge teenwoordig.<\/span><\/p>\n\n\n\n \u201cDit is teenstrydig omdat hy die voorsitter is en ander moontlike diensverskaffers nie dieselfde geleentheid kry nie.\u201d<\/span><\/p>\n\n\n\n Volgens Ntabazalila is tien ander potensi\u00eble tenders gediskwalifiseer en Daring Security CC se tender is met meer as 18 maande verleng sonder om die voorgeskrewe re\u00ebl te volg.<\/span><\/p>\n\n\n\n \u2019n Bedrag van R2 224 050 is oor die 18 maande aan Daring Security CC betaal.<\/span><\/p>\n\n\n\n Intussen s\u00ea Angus McKenzie, raadslid van Bonteheuwel, hy verwelkom die arrestasie van Mayman, wat \u2019n aktivis en leier van die Joint Peace Forum in Bonteheuwel is.<\/span><\/p>\n\n\n\n \u201cDie sportskool is in 2007 op die been gebring om kinders met potensiaal te help. Dit is ook kinders wat uit benadeelde gemeenskappe kom wat soontoe gaan.<\/span><\/p>\n\n\n\n
FOTO:<\/strong>\u00a0Peter Abrahams<\/span><\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n