{"id":4375,"date":"2021-08-11T15:48:18","date_gmt":"2021-08-11T13:48:18","guid":{"rendered":"https:\/\/radiokc.co.za\/?p=3779"},"modified":"2022-04-05T14:54:28","modified_gmt":"2022-04-05T12:54:28","slug":"wonderbaba-is-n-vegter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/radiokc.co.za\/2021\/08\/11\/wonderbaba-is-n-vegter\/","title":{"rendered":"Wonderbaba is \u2019n vegter"},"content":{"rendered":"\r\n

Deur:<\/strong> Tracy-Lynn Ruiters<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\"\"
Die Western Cape Sport School in Kuilsrivier.
FOTO:<\/strong> Peter Abrahams<\/span><\/figcaption><\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cBaba, jy\u2019s \u2019n miracle!<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201c \u2019n Lewende getuie dat ons nooit in die Here se werk moet twyfel nie.\u201d<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

D\u00eds die boodskap wat die ouers van baba Iphraim \u201cReabetswe\u201d Maleho (4 maande) oor en oor in sy oortjies fluister.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Baba Iphraim met sy blinkbruin ogies is die Wes-Kaap se wonderbabatjie.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Die kleintjie het groot struikelblokke oorkom.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Sy mondjie bly lag en hy spring sterk met sy beentjies terwyl sy ouers, Beneline Maleho en Melvory van Wyk, oor die eerste paar maande van sy lewe praat.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Iphraim is op 8 Maart in die Netcare Blaauwberg-hospitaal gebore en moes byna 100 dae in die neonatale waakeenheid deurbring voordat hy huis toe kon keer.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Van Wyk verduidelik dat hulle aan die begin van Maleho se swangerskap uitgevind het hul jongste seun het \u2019n baie seldsame mediese toestand ontwikkel.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cIphraim se ingewande en van sy ander organe het in \u2019n sak buite sy liggaam gegroei.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cOns is die opsie gegee om te terminate of met die swangerskap aan te gaan. Ons het die lewe vir hom gekies.\u201d<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Die gesin het ook gehoor dat Iphraim \u2019n gaatjie in sy hart het, maar dit het kleiner geraak en mettertyd toegegroei namate die swangerskap gevorder het.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Maleho verduidelik dis Iphraim se skoppe en draaitjies wat tydens die swangerskap hul waarborg was dat die kleinding wil leef.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cDit was amper asof hy my ges\u00ea het dat alles oukei sal wees. Soos in: \u2018Mammie, ek is hier, ek lewe.\u2019<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cDit is die beste besluit wat ons ooit kon gemaak het, want nou is hy hier \u2013 ons miracle-baba!\u201d<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Die mamma onthou hoe sy in die kraamsaal was en hoe haar moed gesak het toe sy vrywaringsvorms moes onderteken wat te kenne gee dat die dokters en ginekolo\u00eb nie Iphraim se lewe kon waarborg nie.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cMaar toe ek sy huil hoor, het ek in trane uitgebars!\u201d<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Iphraim het al op twee maande oud sy eerste operasie ondergaan om sy ingewande terug in sy liggaampie te sit.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Van Wyk s\u00ea die sewe uur lange operasie was \u2019n sukses.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Ondersteun<\/span><\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Die trotse pa voeg by dat hul seun van die begin af gewys het dat hy \u2019n fighter is.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cSoveel dinge het ons en hy al deurgegaan. Daar is ges\u00ea dat hy nie \u2019n normale lewe sou kon lei nie oor hy anders is.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cHy het baklei en ons surprise en hy het huis toe gekom.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cSy oupa het ten minste die kans gehad om hom te kon vashou.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cHy het ons emosioneel en finansieel baie ondersteun. Ons derra het \u2019n maand gelede afgesterf.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cSo daar\u2019s geneem van ons, maar ons het ook \u2019n blessing gekry!\u201d<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Die ouers s\u00ea hulle is soos baie ouers van newborns in die \u201csleepless nights\u201d-fase, maar hulle wil dit geen ander way h\u00ea nie.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Hulle wil graag dankie s\u00ea aan al die medici en die personeel by Netcare Blaauwberg wat hulle soveel liefde en ondersteuning in di\u00e9 tyd gegee het.<\/span><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Wonderbaba is \u2019n vegter | Die Son<\/span><\/a><\/p>\r\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"

Deur: Tracy-Lynn Ruiters \u201cBaba, jy\u2019s \u2019n miracle! \u201c \u2019n Lewende getuie dat ons nooit in die Here se werk moet twyfel nie.\u201d D\u00eds die boodskap wat die ouers van baba Iphraim \u201cReabetswe\u201d Maleho (4 maande) oor en oor in sy oortjies fluister. Baba Iphraim met sy blinkbruin ogies is die Wes-Kaap se wonderbabatjie. Die kleintjie […]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"inline_featured_image":false,"footnotes":""},"categories":[84],"tags":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4375"}],"collection":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4375"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4375\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5371,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4375\/revisions\/5371"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4375"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4375"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4375"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}