{"id":4406,"date":"2021-08-30T10:19:37","date_gmt":"2021-08-30T10:19:37","guid":{"rendered":"https:\/\/radiokc.co.za\/?p=3832"},"modified":"2021-09-23T10:40:41","modified_gmt":"2021-09-23T08:40:41","slug":"een-bullet-tref-twee-maatjies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/radiokc.co.za\/2021\/08\/30\/een-bullet-tref-twee-maatjies\/","title":{"rendered":"Een bullet tref twee maatjies"},"content":{"rendered":"\r\n
Deur: \u00a0Bohemia Jumatt<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n TWEE onskuldige meisies is raakgeskiet toe bendes in Kuilsrivier op mekaar losgebrand het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n Die twee maatjies Zeta du Plessis (12) en Cassidy Poole (13), het voor \u2019n huis gesit toe hulle gewond is.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n Die voorval het Dinsdagmiddag in Verenigdestraat in Kalkfontein plaasgevind nadat die tweetjies van die skool af gekom het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n Volgens Zeta se antie Rozetta du Plessis het dieselfde koe\u00ebl Zeta en haar maatjie getref.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n \u201cDie koe\u00ebl is eers deur die maatjie se boud en toe deur Zeta s\u2019n,\u201d s\u00ea Rozetta.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n Sy voeg by dat die einste koe\u00ebl nou \u2019n gevaar vir haar susterskind inhou omdat dit rondbeweeg en dokters dit nie kan uithaal nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n Rozetta vertel: \u201cDinsdagmiddag het die kinders soos gewoonlik voor die huis gespeel. Ek was in die huis besig toe ek die skote hoor afgaan.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n \u201cEk het gehoor hoe iemand gil. Toe ek buitentoe hardloop, het ek Zeta in die jaart sien l\u00ea.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n \u201cEk het vir haar geskreeu om op te staan, maar sy\u2019t ges\u00ea haar boud is lam en sy kan nie op nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n \u201cTerwyl ek op pad was om haar in te bring, het die jongens weer geskiet.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n \u201cEk het haar aan die arm gegryp en vinnig in die huis ingesleep.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n \u201cSy is geneem na die Karl Bremer Hospitaal, waar dokters nou elke dag probeer om op haar te opereer, maar die bullet beweeg al opper in haar been.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n Volgens Rozetta is dit nie eens die eerste keer dat kinders in die bendes se kruisvuur beland nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n Sy s\u00ea \u2019n sesjarige meisiekind is ook onlangs hier doodgeskiet.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n Rozetta s\u00ea die gemeenskap het \u2019n petisie opgestel sodat die twee minderjarige skieters wat Donderdag in die Blue Downs-landdroshof verskyn het, nie op borgtog vrygelaat moet word nie. Volgens haar is hulle na die Bosasa-jeugsentrum gestuur.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, bevestig dat die Kuilsrivier-polisie klagte van poging tot moord ondersoek.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n Volgens Swartbooi was polisiebeamptes Dinsdag omstreeks 16:00 met \u2019n roetinepatrollie besig toe gemeenskapslede hulle van \u2019n misdaadtoneel in Verenigdestraat in Kalkfontein, Kuilsrivier, in kennis gestel het.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n Hy s\u00ea: \u201cBy hul aankoms op die toneel het hulle die twee slagoffers met skietwonde aangetref.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n \u201cDie slagoffers is vir behandeling na \u2019n nabye hospitaal geneem. Die motief vir die aanval is nog onbekend.\u201d<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n Volgens Swartbooi het die verdagtes van die toneel af gevlug.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n