{"id":4410,"date":"2021-08-30T14:15:12","date_gmt":"2021-08-30T14:15:12","guid":{"rendered":"https:\/\/radiokc.co.za\/?p=3838"},"modified":"2021-09-23T10:40:45","modified_gmt":"2021-09-23T08:40:45","slug":"jonges-verheug-oor-inent-kans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/radiokc.co.za\/2021\/08\/30\/jonges-verheug-oor-inent-kans\/","title":{"rendered":"Jonges verheug oor inent-kans"},"content":{"rendered":"\r\n

Deur: Basil Davids<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

 <\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\"\"\r\n
Photo credit:
Die Western Cape Sport School in Kuilsrivier.
FOTO:\u00a0Peter Abrahams<\/figcaption>\r\n<\/figure>\r\n\r\n\r\n\r\n

Jong mense van 18 jaar en ouer kan steeds vir hul jabs gaan en hoef geensins te twyfel nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Bjorn October, \u2019n 27-jarige onnie, het Vrydag ook soos baie ander sy jab gekry.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Volgens October voel hy nou baie meer gerus en die angs is minimaal.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

October het aan\u00a0Son\u00a0ges\u00ea dat hy om sekere redes nie die inspuiting wou gaan vat nie, maar sy girlfriend, \u2019n finalejaar-onderwysstudent, het hom oorreed om tog Vrydag saam met haar die jab te gaan kry.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

October s\u00ea dat dit baie belangrik is, veral wanneer jy daagliks saam met leerders werk.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Volgens October is die risiko groot om die virus na die leerders oor te dra.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Bestand<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Hy s\u00ea in baie families het mense wat aan hom bekend is, Covid-19-simptome gehad, maar hulle is elke keer negatief getoets.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cNet oor my girl my so mooi oorreed het om vir die jab te gaan, kon ek nie langer wag om my jab te kry nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Vandag voel ek goed en weet dat ek teen die virus bestand is,\u201d s\u00ea \u2019n opgewonde October.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Hier in die Langebergstreek het min jong mense vir die jab geregistreer.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Nigel Windvogel (18) s\u00ea dat hy verkies om nie die inspuiting te kry nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cEk is fris en gesond en ek dink nie dat dit nodig is om die inspuiting te kry nie,\u201d verduidelik Windvogel sy besluit.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u2019n Matriekleerder, Donovan Slingers (18), s\u00ea dat hy die jab geneem het, want dit is baie belangrik.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cMy ma het ges\u00ea toe ek \u2019n baby was, het die nurses my vir pokkies en ander soort kindersiektes ingespuit. Waarom moet ek dan nou \u2018nee, dankie\u2019 s\u00ea vir die Covid-inspuiting?\u201d vra hy.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Linry Johnson (18), \u2019n SA o. 19-netbalspeler, vertrek eersdaags na Pretoria om aan \u2019n kampioenskapskompetisie deel te neem.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Johnson s\u00ea dit is vir haar as jong atleet baie belangrik om haarself en ander teen die virus te beskerm.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

\u201cDie jab het net op die regte tyd gekom en ek kan sonder enige paniek my heel beste by die netbal-kampioenskapstoernooi gaan lewer,\u201d s\u00ea sy met \u2019n bre\u00eb smile.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Jong mense kan daagliks tussen 08:00 en 16:00 by die plaaslike kliniek of by die hospitaal vir hul inenting teen Covid-19 gaan.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n

Jonges verheug oor inent-kans | Die Son<\/a><\/p>\r\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"

Deur: Basil Davids   Jong mense van 18 jaar en ouer kan steeds vir hul jabs gaan en hoef geensins te twyfel nie. Bjorn October, \u2019n 27-jarige onnie, het Vrydag ook soos baie ander sy jab gekry. Volgens October voel hy nou baie meer gerus en die angs is minimaal. October het aan\u00a0Son\u00a0ges\u00ea dat hy […]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":4411,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"inline_featured_image":false,"footnotes":""},"categories":[8],"tags":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4410"}],"collection":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4410"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4410\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4418,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4410\/revisions\/4418"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4411"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4410"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4410"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4410"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}