{"id":4643,"date":"2021-10-06T12:17:43","date_gmt":"2021-10-06T10:17:43","guid":{"rendered":"https:\/\/radiokc.co.za\/?p=4643"},"modified":"2021-10-06T12:36:28","modified_gmt":"2021-10-06T10:36:28","slug":"kleinsmith-se-steun-flou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/radiokc.co.za\/2021\/10\/06\/kleinsmith-se-steun-flou\/","title":{"rendered":"Kleinsmith se steun flou"},"content":{"rendered":"
Deur:<\/b>\u00a0 Anele Mfazwe<\/span><\/p>\n Die wyksraadslid van wyk 9, Mercia Kleins … ar \u2019n gemiddeld van zero sterretjies<\/p><\/div>\n \u201cSY VERDIEN nie eens een sterretjie nie.\u201d<\/span><\/p>\n S\u00f3 het Desiree Matthys, \u2019n inwoner van wyk 9 in Bellville-Suid, ges\u00ea toe\u00a0Son\u00a0haar gister vra om haar wyksraadslid, Mercia Kleinsmith, \u2019n punt uit vyf te gee.<\/span><\/p>\n Matthys s\u00ea Kleinsmith het die afgelope vyf jaar niks vir haar gedoen nie behalwe om vir haar, as \u2019n huurder van \u2019n council flat, nuwe vensters te laat insit.<\/span><\/p>\n Sy s\u00ea egter: \u201cNadat die vensters ingesit is, lek die vensters as dit re\u00ebn. Sy (Kleinsmith) verdien nie eens een sterretjie nie.<\/span><\/p>\n \u201cMaar… ek sal haar een sterretjie gee, want sy het die nuwe vensters darem laat insit.\u201d<\/span><\/p>\n Lavern Baron s\u00ea op haar beurt sy moes \u2019n paar jaar gelede rondskarrel vir blyplek nadat haar wendyhuis tot op die grond afgebrand het.<\/span><\/p>\n Sy s\u00ea: \u201cEk haat haar (Kleinsmith) nie, maar ek het my plate eers \u2019n jaar nadat my bungalow gebrand het, gekry.<\/span><\/p>\n \u201cTerwyl ander mense hul plate sommer op dieselfde dag wat hul hokkies brand, kry. Daarom gee ek vir haar \u2019n nul.\u201d<\/span><\/p>\n Maria Adams s\u00ea sy gee Kleinsmith ook \u2019n nul, want sy het nog niks vir haar as pensionaris gedoen nie.<\/span><\/p>\n Adams (90) s\u00ea: \u201cToe ek vir haar s\u00ea my woonstel makeer paint, het sy ges\u00ea ek moet my eie paint koop.\u201d<\/span><\/p>\n Denver Gallant moan ook oor die lekkende vensters en gee Kleinsmith ook \u2019n nul.<\/span><\/p>\n Maria van der Merwe s\u00ea op haar beurt Kleinsmith \u201cbeteken niks vir ons as inwoners nie\u201d.<\/span><\/p>\n Gesig<\/b><\/p>\n Volgens haar gee Kleinsmith kospakkies vir mense van ander areas terwyl Bellville-Suid se inwoners afgeskeep word.<\/span><\/p>\n Nog \u2019n inwoner, Nicky Goeieman (21), s\u00ea sy gaan nie vir Kleinsmith stem nie.<\/span><\/p>\n