{"id":4693,"date":"2021-10-12T10:50:09","date_gmt":"2021-10-12T08:50:09","guid":{"rendered":"https:\/\/radiokc.co.za\/?p=4693"},"modified":"2021-10-12T10:50:09","modified_gmt":"2021-10-12T08:50:09","slug":"ouers-verdien-nou-jou-liefde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/radiokc.co.za\/2021\/10\/12\/ouers-verdien-nou-jou-liefde\/","title":{"rendered":"Ouers verdien n\u00f3\u00fa jou liefde"},"content":{"rendered":"

\"Die<\/p>\n

\u00a0Deur:<\/b>\u00a0 \u00a0Astrid Februarie<\/span><\/p>\n

WYS n\u00f3\u00fa jou liefde vir jou ouers, terwyl hulle nog lewe!<\/span><\/p>\n

D\u00edt is die boodskap van Jane Bam, wat gister onder \u2019n groep bejaardes was wat Internasionale Maand vir Bejaardes gevier het.<\/span><\/p>\n

Bam (63), van Lavender Hill, is die oudste lid van die Philisa Abafazi Bethu-organisasie se seniorgroep, wat in 2009 gestig is.<\/span><\/p>\n

Die sowat 70 bejaardes het gister byeengekom om die dag te vier, stories te deel en speletjies te speel.<\/span><\/p>\n

\u201cDie klub is so belangrik vir ons aangesien baie van ons alleen by die huis sit. Jy sit op jou eie en dink aan verskillende dinge, maar hier kry jy vrede in jou hart en blydskap omdat jy dan besef jy is nie alleen nie,\u201d s\u00ea Bam.<\/span><\/p>\n

Sy s\u00ea sy verstaan dat almal hul eie lewe het en nie altyd tyd het vir hul ouers, oumas of oupas nie.<\/span><\/p>\n

\u201cDit is egter baie hartseer wanneer ouer mense uitgesluit word van die familie se aktiwiteite.<\/span><\/p>\n

\u201cAan jong mense wat nog hul ouers in hul lewe het, wil ek s\u00ea hulle moet hul ouers liefde gee. Ek volg die spreekwoord: \u2018Gee vir my blomme terwyl ek nog lewe, nie wanneer ek dood is nie omdat ek dit nie gaan sien nie.\u2019<\/span><\/p>\n

\u201cGee liefde terwyl jy kan. Moet nie net aan jouself dink nie, gaan maak seker jou ouers het iets om te eet omdat daar soms niks is nie. Neem hulle uit as jy kan.<\/span><\/p>\n

\u201cMoenie net op jou status op sosiale media jou ma as \u2018My Queen\u2019 beskryf wanneer dit haar verjaardag is nie. Jy moet deur die jaar wys dat sy jou queen is. Bewys dit deurentyd aan haar.\u201d<\/span><\/p>\n

Lucinda Evans, \u2019n vroueregteaktivis en stigter van Philisa Abafazi Bethu, s\u00ea haar pad met die seniors is interessant, maar dis \u2019n swaar pad.<\/span><\/p>\n

\u201cIn Oktober praat almal van seniormaand, maar ons moet eintlik 365 dae tyd aan hulle afstaan. Daar is gevalle van massiewe abuse van seniors.<\/span><\/p>\n

\u201cOns hanteer baie sake hier by die sentrum van ouer mense wat abuse word. Ons senior social club van 70 lede kom Woensdae en Donderdae byeen.<\/span><\/p>\n

\u201cDie eerste ding wat ons altyd doen, is om \u2019n breakfast te gee omdat baie van hulle niks in die huis het nie en lewe van pensioen na pensioen,\u201d s\u00ea sy.<\/span><\/p>\n

Sy s\u00ea in sommige gevalle moet die pensioen gedeel word met kinders in die huis wat nie werk nie, kleinkinders en agterkleinkinders.<\/span><\/p>\n

Dit is om di\u00e9 rede dat breakfast en \u2019n\u00a0<\/span>hot meal\u00a0<\/span><\/i>so belangrik is.<\/span><\/p>\n

\u201cOns moet dieper gesels oor die abuse van ouer mense, asook oor kinders wat nie omgee vir hul ouers nie.<\/span><\/p>\n

\u201cDan is daar ook ouers wat hul huis verloor wanneer hulle ouer word. Van hul huise word ook van hulle weggeneem,\u201d s\u00ea sy.<\/span><\/p>\n

Evans se boodskap: \u201cKom ons create veilige plekke vir hulle, mans en vroue.\u201d<\/span><\/p>\n

https:\/\/www.son.co.za\/Nuus\/Kaapsenuus\/ouers-verdien-nou-jou-liefde-20211007<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"

\u00a0Deur:\u00a0 \u00a0Astrid Februarie WYS n\u00f3\u00fa jou liefde vir jou ouers, terwyl hulle nog lewe! D\u00edt is die boodskap van Jane Bam, wat gister onder \u2019n groep bejaardes was wat Internasionale Maand vir Bejaardes gevier het. Bam (63), van Lavender Hill, is die oudste lid van die Philisa Abafazi Bethu-organisasie se seniorgroep, wat in 2009 gestig […]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":4694,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"inline_featured_image":false,"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4693"}],"collection":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4693"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4693\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4696,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4693\/revisions\/4696"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4694"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4693"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4693"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/radiokc.co.za\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4693"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}