Drakenstein Municipality speaks out on possible name change of the iconic Afrikaanse Taalmonument.

Written by on 24 May 2022

Drakenstein Municipality made it clear where it stands when it comes to the possible name change of the Afrikaanse Taalmonument. The Municipality gave a strong statement in Afrikaans to Minister Nathi Mthetwa.

“Vandag wil ek vir die agbare Nathi Mthetwa, Minister van Sport, Kuns en Kultuur, sê: ‘Hou jou hande van die Afrikaanse Taalmonument af!’ Die Monument is ‘n ikoniese erkenning van al die tale wat bygedra het tot die ontstaan van Afrikaans as ‘n taal,” het raadsheer Conrad Poole, Uitvoerende Burgemeester, gesê.

“Dit is ‘n onafskeidbare deel van Paarl en Drakenstein se erfenis en kultuur.

“Die raad en die bestuur van die Afrikaanse Taalmonument stel dit duidelik dat hulle gefokus bly daarop om sosiale kohesie, veeltaligheid, Afrikaans, en ander inheemse tale te bevorder – sowel as die rol wat hulle speel in die wyer dekolonisasieproses.

“Om nou ‘n organisasie met sulke edele doelstellings te wil straf, is ongevraag en belaglik.”

Die Monument is sinoniem met die Paarl en is ‘n belangrike toeriste-attraksie, voeg raadsheer Poole by.

“Om die naam nou te wil verander is ongehoord en maak glad nie sin nie.

“Ek wil net weer bevestig dat ons al die land se amptelike tale respekteer in Drakenstein Munisipaliteit en nie een word uitgesonder vir spesiale behandeling nie. As Uitvoerende Burgemeester glo ek ek praat namens al die mense van ons gebied wanneer ek sê die Minister moet sy planne onmiddellik stopsit.

“Die staatspresident, Cyril Ramaphosa, het die week gesonde verstand gewys toe hy aangekondig het dat Min. Mthetwa sy planne vir ‘n massiewe ‘nasionale vlagmonument’ wat die belastingbetaler R22 miljoen sou kos, moet kanselleer.

“Ek wil Min. Mthetwa aanmoedig om dieselfde te doen met sy planne vir die Afrikaanse Taalmonument. As hy dit nie gaan doen nie, gaan ons beslis alles in ons vermoë doen om sy aksie teen te staan, want ons kan nie toelaat dat hierdie onnodige inmengerye voortgaan nie.”


Current track

Title

Artist