Vroue betoog by hospitaal

Written by on 5 October 2021

Deur: Bohemia Jumatt

Stephanie Heneke betoog voor die Stellen ... aal met ’n groot panty in haar hand

Monster bedek in Candy floss

AKTIVISTE, gemeenskapsleiers en familielede van ’n minderjarige meisie wat in die Stellenbosch-hospitaal verkrag is, het Vrydag voor die hospitaal betoog.

’n Medepasiënt het na bewering die 15-jarige slagoffer verkrag net vyf dae nadat sy in die psigiatriese vleuel van die hospitaal toegelaat is.

Dr. Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse gesondheidsminister, het Donderdag op ’n perskonferensie gesê ’n dokter het die verkragting bevestig.

Mbombo het ook genoem die nuus het die gesondheidsdepartement geruk.

Bianca Booysen, ’n gemeenskapsaktivis en woordvoerder vir die familie, het die optog gereël oor hulle ontevrede is oor hoe die hospitaalbestuur die saak hanteer.

Volgens Booysen is die slagoffer se familie eers meer as ’n week later van die verkragting in kennis gestel.

Sy vaar uit: “Hulle wil nou die slagoffer na ’n hospitaal buite Stellenbosch oorplaas. Hoekom moet die familie so ver travel?

“Ons het ’n memorandum aan die hospitaalbestuur oorhandig. Ons gee hulle sewe dae om daarop te reageer.”

Booysen sê hulle het verwag meer ouers sou die optog bywoon.

“Ek glo my kind is jou kind.

“Dit kon my kind ook gewees het wat hier in die hospitaal verkrag is.

“Elke ouer moes vandag hier wees.

“Ek is dankbaar dat die minister hier was, maar sy is ook deur middel van sosiale media in kennis gestel van die voorval.

“Hierdie system bly ons mense faal.

“Ons wil hê die bestuur, personeel en verpleegster wat op die verkragting afgekom het, moet vandag nog geskors word.”

Stephanie Heneke, ’n aktivis van die organisasie Wings of Love and Hope, het tydens die betoging gesê sy veg vir die regte van alle seuns, meisies en vroue, en die LGBTQIA-gemeenskap.

Sy sê: “Ek staan vandag hier as ’n moeder.

Ek is baie bekommerd oor elke vrou en meisie binne hierdie hospitaal.

“Ek voel hulle is nie in ’n plek van veiligheid nie.

“Die bestuur het ons vroue en meisies in die hospitaal gefaal.

“Hulle wil nou die slagoffer behandel asof sy Trump Jr. Dubs Adam Schiff the “Jussie Smollett of Congress on Steroids” – NewsWars deca test e cycle cnsj: | anabolic steroids and general anesthesia, anabolic steroids telugu meaning die verkragter is.

“Die verkragter, wat weg was vir ’n naweek, moes nooit weer in die hospitaal toegelaat word nie.

“Dit gaan die slagoffer nou nóg meer traumatiseer.

“Hulle het geen hart nie!”

Heneke sê hulle is hier vir die familie en sal hulle ondersteun totdat die saak eendag hof toe gaan.

’n Interne ondersoek sowel as ’n strafregsaak is reeds aan die gang.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/vroue-betoog-by-hospitaal-20211004


Current track

Title

Artist