Kleinsmith se steun flou

Written by on 6 October 2021

Deur:  Anele Mfazwe

Die wyksraadslid van wyk 9, Mercia Kleins … ar ’n gemiddeld van zero sterretjies

“SY VERDIEN nie eens een sterretjie nie.”

Só het Desiree Matthys, ’n inwoner van wyk 9 in Bellville-Suid, gesê toe Son haar gister vra om haar wyksraadslid, Mercia Kleinsmith, ’n punt uit vyf te gee.

Matthys sê Kleinsmith het die afgelope vyf jaar niks vir haar gedoen nie behalwe om vir haar, as ’n huurder van ’n council flat, nuwe vensters te laat insit.

Sy sê egter: “Nadat die vensters ingesit is, lek die vensters as dit reën. Sy (Kleinsmith) verdien nie eens een sterretjie nie.

“Maar… ek sal haar een sterretjie gee, want sy het die nuwe vensters darem laat insit.”

Lavern Baron sê op haar beurt sy moes ’n paar jaar gelede rondskarrel vir blyplek nadat haar wendyhuis tot op die grond afgebrand het.

Sy sê: “Ek haat haar (Kleinsmith) nie, maar ek het my plate eers ’n jaar nadat my bungalow gebrand het, gekry.

“Terwyl ander mense hul plate sommer op dieselfde dag wat hul hokkies brand, kry. Daarom gee ek vir haar ’n nul.”

Maria Adams sê sy gee Kleinsmith ook ’n nul, want sy het nog niks vir haar as pensionaris gedoen nie.

Adams (90) sê: “Toe ek vir haar sê my woonstel makeer paint, het sy gesê ek moet my eie paint koop.”

Denver Gallant moan ook oor die lekkende vensters en gee Kleinsmith ook ’n nul.

Maria van der Merwe sê op haar beurt Kleinsmith “beteken niks vir ons as inwoners nie”.

Gesig

Volgens haar gee Kleinsmith kospakkies vir mense van ander areas terwyl Bellville-Suid se inwoners afgeskeep word.

Nog ’n inwoner, Nicky Goeieman (21), sê sy gaan nie vir Kleinsmith stem nie.

Volgens Goeieman, wat vir die eerste keer gaan stem, gaan sy haar kruisie langs ’n onafhanklike kandidaat se gesig trek.

 

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/kleinsmith-se-steun-flou-20211004


Continue reading

Current track

Title

Artist