BETOGING VOOR HOF VIR ONTSKULDIGE ABONGILE MAFALALA

Written by on 6 June 2022

Vriende en familie van die vermoorde e-hailing taxi bestuurder Abongile Mafalala (31) het betoog Maandag oggend voor die Wynberg-landdroshof.

Die grumoord op Mafalala het verlede Dinsdag skokgolwe reg deur Suid-Afrika gestuur. Die taxi bestuurder was gestenig deur ‘n woedende mob en toe aan die brand gesteek. Mafalala was daarvan beskuldig dat Hy kinders wou ontvoer toe Hy aangeval was.

Ses mense is inhegtenis geneem vir moord, roof met verswaarende omstandighede en eiendoms beskadiging en het in die landdroshof verskyn. Alle klagte vir een van die ses is terug getrek. Die saak is uitgestel tot volgende week.

Die mense van Parkwood, Grassy Park voel gewalg oor die gebeure in die gemeenskap, en het bymekaar gekom om Abongile Mafalala te eer.


Current track

Title

Artist