Metanol in die liggame van die Enyobeni-taverne-treurspel opgespoor

Written by on 19 July 2022

PAS BEKEND: Metanol in die liggame van die slagoffers van die Enyobeni-taverne-treurspel opgespoor

In ‘n media-inligtingsessie Dinsdag het dr. Litha Matiwane, adjunk-direkteur-generaal van kliniese dienste in die departement van gesondheid, gesê dat metanol in die liggame van die 21 tieners gevind is.

Die kinders is dus waarskynlik weens metanol-vergiftiging dood, alhoewel die hoeveelhede nog bepaal moet word.

Die departement probeer egter nog vasstel hoe die oorledenes met metanol in aanraking gekom het.

Die kinders is moontlik dood nadat hulle ‘n onwettige brousel gedrink het wat metanol bevat, ‘n giftige alkohol wat in nywerhede gebruik word. Dit is nie bedoel om gedrink te word nie.

Alkohol- en koolstofmonoksied-vergiftiging is dus uitgesluit as ‘n moontlike oorsaak vir die 21 jongmense se dood.


Current track

Title

Artist