Jonges verheug oor inent-kans

Written by on 30 August 2021

Deur: Basil Davids

 

Photo credit:
Die Western Cape Sport School in Kuilsrivier.
FOTO: Peter Abrahams

Jong mense van 18 jaar en ouer kan steeds vir hul jabs gaan en hoef geensins te twyfel nie.

Bjorn October, ’n 27-jarige onnie, het Vrydag ook soos baie ander sy jab gekry.

Volgens October voel hy nou baie meer gerus en die angs is minimaal.

October het aan Son gesê dat hy om sekere redes nie die inspuiting wou gaan vat nie, maar sy girlfriend, ’n finalejaar-onderwysstudent, het hom oorreed om tog Vrydag saam met haar die jab te gaan kry.

October sê dat dit baie belangrik is, veral wanneer jy daagliks saam met leerders werk.

Volgens October is die risiko groot om die virus na die leerders oor te dra.

Bestand

Hy sê in baie families het mense wat aan hom bekend is, Covid-19-simptome gehad, maar hulle is elke keer negatief getoets.

“Net oor my girl my so mooi oorreed het om vir die jab te gaan, kon ek nie langer wag om my jab te kry nie.

Vandag voel ek goed en weet dat ek teen die virus bestand is,” sê ’n opgewonde October.

Hier in die Langebergstreek het min jong mense vir die jab geregistreer.

Nigel Windvogel (18) sê dat hy verkies om nie die inspuiting te kry nie.

“Ek is fris en gesond en ek dink nie dat dit nodig is om die inspuiting te kry nie,” verduidelik Windvogel sy besluit.

’n Matriekleerder, Donovan Slingers (18), sê dat hy die jab geneem het, want dit is baie belangrik.

“My ma het gesê toe ek ’n baby was, het die nurses my vir pokkies en ander soort kindersiektes ingespuit. Waarom moet ek dan nou ‘nee, dankie’ sê vir die Covid-inspuiting?” vra hy.

Linry Johnson (18), ’n SA o. 19-netbalspeler, vertrek eersdaags na Pretoria om aan ’n kampioenskapskompetisie deel te neem.

Johnson sê dit is vir haar as jong atleet baie belangrik om haarself en ander teen die virus te beskerm.

“Die jab het net op die regte tyd gekom en ek kan sonder enige paniek my heel beste by die netbal-kampioenskapstoernooi gaan lewer,” sê sy met ’n breë smile.

Jong mense kan daagliks tussen 08:00 en 16:00 by die plaaslike kliniek of by die hospitaal vir hul inenting teen Covid-19 gaan.

Jonges verheug oor inent-kans | Die Son


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist