Monster in ‘candy floss’

Written by on 29 September 2021

Deur:    Astrid Februarie

Melvin Volkwyn is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis

Monster bedek in Candy floss

DIT is hoe waarnemende regter Nolundi Nyati vir Melvin Volkwyn beskryf het, toe sy hom Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis het vir die Maart 2019 moord op baba Orderick Lucas.

Die 22 maand oue baba was vir 8 dae vermis voordat sy liggaam in ‘n drein in Eersterivier gevind is, nie ver van sy ouma se huis nie.

Volkwyn was volgens ‘n getuie laag met die kind gesien.

Nyati het tydens vonnisoplegging gesê: “Hy het volgens getuienis homself voorgedoen as iemand wat nie eens ‘n vlieg kan seer maak nie.”

Sy het bygevoeg dat Volkwyn steeds vriende was met met die kind se ma, selfs in die tyd wat Orderick vermis was. 

“Asof niks gebeur het nie. Dit wys hy was nie jammer nie.”

Volgens die regter het Volkwyn geen berou getoon vir sy daad nie.

“Elke persoon het die reg tot lewe, om versorg te word en nie sleg behandel te word nie. Maar hy (Volkwyn) het daardie reg weggevat toe hy die lewe van baba Orderick geneem het.”

Davidene Lucas, ma van Orderick, het buite die hof gesê dit is nie die vonnis wat sy verwag het nie.

“Ek het meer verwag, omdat hy ‘n baba was.”

 

Monster in ‘candy floss’ | Die Son


Current track

Title

Artist