Wonderbaba is ’n vegter

Written by on 11 August 2021

Deur: Tracy-Lynn Ruiters

Die Western Cape Sport School in Kuilsrivier.
FOTO: Peter Abrahams

“Baba, jy’s ’n miracle!

“ ’n Lewende getuie dat ons nooit in die Here se werk moet twyfel nie.”

Dís die boodskap wat die ouers van baba Iphraim “Reabetswe” Maleho (4 maande) oor en oor in sy oortjies fluister.

Baba Iphraim met sy blinkbruin ogies is die Wes-Kaap se wonderbabatjie.

Die kleintjie het groot struikelblokke oorkom.

Sy mondjie bly lag en hy spring sterk met sy beentjies terwyl sy ouers, Beneline Maleho en Melvory van Wyk, oor die eerste paar maande van sy lewe praat.

Iphraim is op 8 Maart in die Netcare Blaauwberg-hospitaal gebore en moes byna 100 dae in die neonatale waakeenheid deurbring voordat hy huis toe kon keer.

Van Wyk verduidelik dat hulle aan die begin van Maleho se swangerskap uitgevind het hul jongste seun het ’n baie seldsame mediese toestand ontwikkel.

“Iphraim se ingewande en van sy ander organe het in ’n sak buite sy liggaam gegroei.

“Ons is die opsie gegee om te terminate of met die swangerskap aan te gaan. Ons het die lewe vir hom gekies.”

Die gesin het ook gehoor dat Iphraim ’n gaatjie in sy hart het, maar dit het kleiner geraak en mettertyd toegegroei namate die swangerskap gevorder het.

Maleho verduidelik dis Iphraim se skoppe en draaitjies wat tydens die swangerskap hul waarborg was dat die kleinding wil leef.

“Dit was amper asof hy my gesê het dat alles oukei sal wees. Soos in: ‘Mammie, ek is hier, ek lewe.’

“Dit is die beste besluit wat ons ooit kon gemaak het, want nou is hy hier – ons miracle-baba!”

Die mamma onthou hoe sy in die kraamsaal was en hoe haar moed gesak het toe sy vrywaringsvorms moes onderteken wat te kenne gee dat die dokters en ginekoloë nie Iphraim se lewe kon waarborg nie.

“Maar toe ek sy huil hoor, het ek in trane uitgebars!”

Iphraim het al op twee maande oud sy eerste operasie ondergaan om sy ingewande terug in sy liggaampie te sit.

Van Wyk sê die sewe uur lange operasie was ’n sukses.

Ondersteun

Die trotse pa voeg by dat hul seun van die begin af gewys het dat hy ’n fighter is.

“Soveel dinge het ons en hy al deurgegaan. Daar is gesê dat hy nie ’n normale lewe sou kon lei nie oor hy anders is.

“Hy het baklei en ons surprise en hy het huis toe gekom.

“Sy oupa het ten minste die kans gehad om hom te kon vashou.

“Hy het ons emosioneel en finansieel baie ondersteun. Ons derra het ’n maand gelede afgesterf.

“So daar’s geneem van ons, maar ons het ook ’n blessing gekry!”

Die ouers sê hulle is soos baie ouers van newborns in die “sleepless nights”-fase, maar hulle wil dit geen ander way hê nie.

Hulle wil graag dankie sê aan al die medici en die personeel by Netcare Blaauwberg wat hulle soveel liefde en ondersteuning in dié tyd gegee het.

Wonderbaba is ’n vegter | Die Son


Current track

Title

Artist