Charleston Hill Sekondêre Skool in Paarl protes nog steeds vir die veiligheid van hul leerders en personeel.

Written by on 13 August 2021

Deur: Jeremeo le Cordeur vir KC 107.7 Nuus.

Leerders, ouers en personeel van Charleston Hill Sekondêre Skool gaan nog steeds voort met hul protesoptog nadat hulle geen reaksie van die plaaslike regering en die Wes -Kaapse onderwys-departement ontvang het, rakende die skool-heining nie.

Volgens MARTINUS GOUS, voorsitter van die action-committee, is die skool-heining al meer as ‘n jaar verbreek, wat die skoolterrein en leerders kwesbaar maak vir geweld, diefstal en vandalisme.

Die beheerraad van Charleston Hill Sekondêre Skool vrees vir die veiligheid van die skoliere en onderwysers tydens en na skoolure. Volgens Bernice Maclean, en Molly Hartzenberg , lede van die skool-beheerraad, is die skool in ‘n crime-hotspot geleë en sal gesluit bly totdat stelsels ingestel is om die veiligheid van hul skoliere en personeel te verseker.

Die skool  het bevestig dat briewe aan alle ouers vandag sal uitgereik word om hulle in kennis te stel en aan te moedig om deel te wees van die optog wat daagliks hierdie week by die skool-ingang sal plaasvind.

 


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track

Title

Artist