Ouma dood in bed gekry

Written by on 11 August 2021

Deur: Bohemia Jumatt

Photo credit: Joe Tau meen die jab beteken vir hom lewe.
FOTO: Peter Abrahams

’N FAMILIE is in rou nadat ’n familielid na bewering hul ma-van-die-huis vermoor het.

Cynthia Doubell (96), of “Ouma” soos wat sy alom bekendgestaan het, is Sondagoggend naak in haar bed aangetref.

Toe die gemeenskap van Bellville-Suid agterkom Doubell is moontlik deur ’n familielid vermoor, het hulle self aksie geneem.

Hulle het gehelp om die verdagte aan die polisie te oorhandig.

Die ma van die verdagte het gister aan Son gesê sy en haar seun se pa het hom self aan die polisie gaan oorhandig.

Volgens haar het haar seun teenoor haar erken hy het Ouma geslaan toe hy onder die invloed van drank was.

Hy het egter nie besef Ouma het in haar bed gesterf nie en is hy die volgende oggend na sy meisie toe wat in Delft bly, voeg die ma by.

Sy sê haar seun en Doubell het glad nie oor die weg gekom nie en sy het nie van hom gehou nie.

Die ma vertel: “Hy het gesê hy wou gaan slaap en sy het geskel.

“Dis toe dat hy sy hande vir haar lig. “Hy het nie geweet Ouma is dood nie en het eers gehoor toe hy terugkom.

“Hy was onder die indruk Ouma lewe nog toe hy daar weg is.

“Haar kind het haar kaal in haar bed gekry, maar my seun sê hy het nie aan Ouma gekrap nie.

“Hy erken wel hy het haar geslaan.

“Ek weet nou nie hoe hard hy haar geslaan het nie.”

Die mamma vertel sy voel baie sleg oor hierdie hele situasie.

“My kind is nie ’n engel nie, maar hy het altyd sy deel gedoen. Hy sou altyd vir Ouma kos gee en tee maak wanneer ons nie daar is nie.

“Hoewel die familie my nou blameer, gaan ek ook nie my kind afstaan nie.

“Hulle is die einste mense wat nooit daar was vir Ouma nie.

“Hulle sou nooit bel nie. Sy het altyd gesê wanneer sy die dag sterwe, moet ek hulle nie bel nie.”

Maar Jesse Matthys, ’n buurvrou, sing ’n ander deuntjie … ’n Deuntjie wat sy by haar ánder buurvrou gehoor het.

Volgens Matthys het die neighbour langs Doubell gehoor hoe die verdagte haar deur die nag slaan.

Hy het glo gedreig hy gaan die Ouma doodslaan, vertel sy.

Matthys vertel: “Ek verstaan dat hy die ouma met kookwater ook gebrand het, maar hy’t gesê sy het met die Flow coordinator pattern on steroids buy testosterone enanthate with credit card open orphan renews contract with major pharma company beker geval.

“Terwyl hy haar so deur die nag geslaan het, het sy omtrént om hulp geroep.”

’n Polisiewoordvoerder, AO Joseph Swartbooi, het bevestig dat die Bellville-Suid-polisie ’n moordsaak ondersoek.

Swartbooi sê die liggaam van ’n vrou is Sondag in haar huis in Dammertstraat, Bellville-Suid, aangetref.

Hy verduidelik: “Die motief vir die aanval is onbekend.

“ ’n Man (25) is intussen gearresteer en word aangehou.

“Sodra hy aangekla is, sal hy in die Bellville-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.”

Ouma dood in bed gekry | Die Son


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist